Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "die kierie is nie nodig nie, faan" deur CHARL DURAND
"die kierie is nie nodig nie, faan" deur CHARL DURAND [boodskap #52102] So, 21 Oktober 2001 02:46 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

die kierie is nie nodig nie, faan
Charl Durand

dit was 'n warm, swaar bosveldsaterdagmiddag toe basie van die plaas
langsaan bel en sê kom help.

dis 'n kobra, sê basie, hy staan reg om te pik.

ek het bakkie toe gehol, ingespring en deurgejaag.

daar aangekom het ek basie se sifdraadvoordeur met die kierie
oopgestoot. in die sitkamer hoor ek die televisie dreunend aan.

op die bont rusbank lê basie in net sy onderbroek met sy bolyf wit tot
by sy bo-arms, vanwaar die bosveldson se bruin oorneem. Hy steun op sy
een elmboog, en sy nek is blink van sweet. Hy kyk vir my, miskien sê hy
iets maar basie hoekom sit jy altyd die tv so hard aan. die kobra lê
slap halflyf oor die springbokvel op die klipvloer, sy kop onderstebo
sodat die bleek gladheid van sy keelvel wys.

die bakkop was hier, beduie basie en hy sluk nog whiskey. hy maak sy
vingers bak 'n halfmeter van sy gesig af. en elke slag as die selfoon
piep maak as ek met my duim 'n nommer druk verstar hy, ek voel hoe ons
mekaar se gedagtes probeer lees. maar hy't 'n fout begaan, sê basie.
want toe die senter die drie druk en die mense mal juig het die slang
geskrik en vir die tv gekyk.

dis toé dat ek die nokia gooi, sê basie.
Re: "die kierie is nie nodig nie, faan" deur CHARL DURAND [boodskap #53278 is 'n antwoord op boodskap #52102] Ma, 12 November 2001 14:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tinkerbell  is tans af-lyn  Tinkerbell
Boodskappe: 80
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Volle Lid
@home.com skryf in boodskap news:...
> die kierie is nie nodig nie, faan
> Charl Durand
>
>
>
> dit was 'n warm, swaar bosveldsaterdagmiddag toe basie van die plaas
> langsaan bel en s?kom help.
>
> dis 'n kobra, s? basie, hy staan reg om te pik.
>
> ek het bakkie toe gehol, ingespring en deurgejaag.
>
> daar aangekom het ek basie se sifdraadvoordeur met die kierie
> oopgestoot. in die sitkamer hoor ek die televisie dreunend aan.
>
> op die bont rusbank l?basie in net sy onderbroek met sy bolyf wit tot
> by sy bo-arms, vanwaar die bosveldson se bruin oorneem. Hy steun op sy
> een elmboog, en sy nek is blink van sweet. Hy kyk vir my, miskien s?hy
>
> iets maar basie hoekom sit jy altyd die tv so hard aan. die kobra l?slap halflyf oor die springbokvel op die klipvloer, sy kop onderstebo
> sodat die bleek gladheid van sy keelvel wys.
>
> die bakkop was hier, beduie basie en hy sluk nog whiskey. hy maak sy
> vingers bak 'n halfmeter van sy gesig af. en elke slag as die selfoon
> piep maak as ek met my duim 'n nommer druk verstar hy, ek voel hoe ons
> mekaar se gedagtes probeer lees. maar hy't 'n fout begaan, s?basie.
> want toe die senter die drie druk en die mense mal juig het die slang
> geskrik en vir die tv gekyk.
>
> dis to? dat ek die nokia gooi, s?basie.

Skuus...ek's nou seker baie dom maar kom hierdie stukkie uit 'n boek uit?
Watter boek?
Ek is ook gek oor die werk van Charl-Pierre Naude wat jy so af en toe hier plaas.
Waar kry jy die goed?
Re: "die kierie is nie nodig nie, faan" deur CHARL DURAND [boodskap #53283 is 'n antwoord op boodskap #52102] Ma, 12 November 2001 15:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Tinkerbell wrote:

> .
>> die kierie is nie nodig nie, faan
>> Charl Durand
>>
>
>
> Skuus...ek's nou seker baie dom maar kom hierdie stukkie uit 'n boek uit?
> Watter boek?
> Ek is ook gek oor die werk van Charl-Pierre Naude wat jy so af en toe hier plaas.
> Waar kry jy die goed?

Die stuk van Charl Durand is deur homself op die nuusgroepgeplaas. Ek ken Charl Durand en voel dus vry om hierdie
stukkie nou en dan op die nuusgroep te herplaas.
Ek dink Charl-Pierre Naude se werk is verbasend goed. Ek
maak maar die gedigte uit alle oorde bymekaar. Sal jy asseblief
van sy gedigte pos, sodat ek kan sien of ek nuwes by my
versameling kan byvoeg. My geliefkoosde gedig van hom is
"Die Brommer."

Gloudina
Re: "die kierie is nie nodig nie, faan" deur CHARL DURAND [boodskap #53307 is 'n antwoord op boodskap #52102] Di, 13 November 2001 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tinkerbell  is tans af-lyn  Tinkerbell
Boodskappe: 80
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Volle Lid
@home.com skryf in boodskap news:...
> Tinkerbell wrote:
>
>> .
>>> die kierie is nie nodig nie, faan
>>> Charl Durand
>>>
>>
>>
>> Skuus...ek's nou seker baie dom maar kom hierdie stukkie uit 'n boek uit?
>> Watter boek?
>> Ek is ook gek oor die werk van Charl-Pierre Naude wat jy so af en toe hier plaas.
>> Waar kry jy die goed?
>
> Die stuk van Charl Durand is deur homself op die nuusgroepgeplaas. Ek ken Charl Durand en voel dus vry om hierdie
> stukkie nou en dan op die nuusgroep te herplaas.
> Ek dink Charl-Pierre Naude se werk is verbasend goed. Ek
> maak maar die gedigte uit alle oorde bymekaar. Sal jy asseblief
> van sy gedigte pos, sodat ek kan sien of ek nuwes by my
> versameling kan byvoeg. My geliefkoosde gedig van hom is
> "Die Brommer."
>
> Gloudina

Jammer,Gloudina maar op die oomblik is jy my enigste bron as dit by
Charl en Charl kom...ek het een gelees toe is ek gehoek.
Alhoewel, ek het 'n paar vertaalde gedigte van Charl Pierre Naude
opgespoor op die net..maar weet nie of ek dit moet waag om iets in
engels ( al was die oorsprong ook in Afrikaans) hier te plaas nie.
Wat is dit met die Charl manne...word hulle gebore met 'n pen in die
hand?
Sit vir my weer ietsie van Charl in...enige een van die twee.

Asseblief

Tinker
Re: "die kierie is nie nodig nie, faan" deur CHARL DURAND [boodskap #53337 is 'n antwoord op boodskap #52102] Di, 13 November 2001 13:34 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Tinkerbell wrote:

> op die oomblik is jy my enigste bron as dit by
> Charl en Charl kom...ek het een gelees toe is ek gehoek.
> Alhoewel, ek het 'n paar vertaalde gedigte van Charl Pierre Naude
> opgespoor op die net..maar weet nie of ek dit moet waag om iets in
> engels ( al was die oorsprong ook in Afrikaans) hier te plaas nie.
> Wat is dit met die Charl manne...word hulle gebore met 'n pen in die
> hand?
> Sit vir my weer ietsie van Charl in...enige een van die twee.

OK. Ek sal. Maar hoekom sit jy nie die Engelse vertalings op die nuusgroep nie. Ek is amper seker
dis vertaal deur Charl-Pierre Naude self.

Gloudina

>
Vorige onderwerp: Re: Laaste gedig aan jou, my lam (deur :Martina Klopper)
Volgende onderwerp: "Aangeklaagde" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 02:18:09 MGT 2024